Lees ook: Polisie soek na vermiste paar se liggame na beweerde moorde
AUSTRALIЁ. – Die liggame van die vermiste TV-persoonlikheid, Jesse Baird, en sy kêrel, Luke Davies, is gekry.
Polisie het gesê hulle het die liggame gekry met die hulp van die verdagte, Baird se voormalige kêrel, polisiekonstabel, Beau Lamarre-Condon.
Die paar het verlede Maandag verdwyn na Lamarre-Condon hulle glo in Baird se huis doodgeskiet het en van die liggame op ’n verlate eiendom ontslae geraak het.
Lamarre-Condon het hom aan die polisie oorhandig en word aangekla op twee aanklagtes van moord.
Die polisie is ongelukkig omdat die Mardi Gras-raad wat die LGBTQ-parade beplan hulle gevra het om nie aan die parade deel te neem nie. Baird en Davies sou deelneem en die organiseerders het gevoel die polisie se teenwoordigheid sal mense ontstel.
Die polisie het gesê die moorde was nie ’n haatmisdaad nie en hulle probeer die organiseerders oortuig om hulle by die parade toe te laat.
Bronne: The Telegraph, Sky News, The Sun
Lees ook: Polisie soek na vermiste paar se liggame na beweerde moorde





