Los draad op skip laat Baltimore-brug ineenstort

Lees ook :

BALTIMORE, VSA. – Die nasionale vervoerveiligheidsraad van die VSA het gister sy bevinding bekend gemaak dat ‘n enkele los draad op die Dali-vragskip ‘n elektriese onderbreking veroorsaak het wat gelei het daartoe dat die skip teen die Francis Scott Key-brug in Baltimore gebots het. fotokrediet: X

BALTIMORE, VSA. – Die nasionale vervoerveiligheidsraad van die VSA het gister sy bevinding bekend gemaak dat ‘n enkele los draad op die Dali-vragskip ‘n elektriese onderbreking veroorsaak het wat gelei het daartoe dat die skip teen die Francis Scott Key-brug in Baltimore gebots het. Die brug het ineengestort en ses werkers is oorlede.

Lees ook: Brug in Amerika val inmekaar na skip dit tref

Ondersoekers van die nasionale vervoerveiligheidsraad het gesê ‘n los draad in die skip se elektriese sisteem het veroorsaak dat ‘n breker oopgegaan het, wat daartoe gelei het dat die krag op die boot afgaan en dat dit nie kon stuur nie, wat veroorsaak het dat dit die Frances Scott Key-brug getref is.

Die ondersoekers het bevind die bemanning op die boot het probeer om die boot weg te stuur, maar kon nie daarin slaag nie. Die nasionale vervoerveiligheidsraad het bevind dat die vinnige optrede van die bemanning op die boot, die Maryland-vervoerowerheid en die verkeerspersoneel wat verkeer op die brug te gestop het, groter lewensverlies verhoed het.

Bronne: NTSB

Lees ook: Brug in Amerika val inmekaar na skip dit tref

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief