Brekende Nuus
Afrikaans

Brug in Amerika val inmekaar na skip dit tref

Daar is waarskynlik nog mense in die rivier.

Brug in Amerika val inmekaar na skip dit tref

fotokrediet: Skermgreep
Brug in Amerika val inmekaar na skip dit tref fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Kuberveiligheidsmaatskappy betrokke by Olimpiese Spele meld verlies aan

BALTIMORE, VSA. – Die Francis Scott Key-brug in Baltimore het inmekaargeval na ’n vragskip dit getref het.

Reddingspogings is steeds aan die gang. Twee mense is uit die water gehaal en een is in ’n “ernstige” toestand na ‘n hospitaal geneem. Daar is waarskynlik nog mense in die rivier.

Volgens ‘n woordvoerder van die Maryland-vervoerowerhede is daar geen bewys dat die skip doelbewus die brug getref het nie.

Bronne: eNCA, X, Mirror, BBC

Lees ook: Kuberveiligheidsmaatskappy betrokke by Olimpiese Spele meld verlies aan