Loterykommissie en Verbruikerskommissie versterk samewerking om deelnemers te beskerm

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die Nasionale Loterykommissie (NLK) en die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het ’n ooreenkoms onderteken om hul samewerking te verbeter en verbruikers beter te beskerm, veral in die lotery- en promosiesektore.

Die NLK-kommissaris, Jodi Scholtz, sê die ooreenkoms sal help om die bedryf se integriteit te beskerm en seker te maak deelnemers word regverdig behandel. Volgens die waarnemende NVK-kommissaris, Hardin Ratshisusu, sal die vennootskap help om nie-nakoming aan te spreek en verbruikers beter te beskerm.

Die twee liggame gaan saamwerk aan ondersoeke, nakoming en die bestryding van onwettige of misleidende kompetisies. Hulle beplan ook om inligting te deel, opleiding aan te bied en ’n beter stelsel vir die hantering van klagtes te ontwikkel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief