Lufthansa keer glo passasier oor ‘naaktheid’

Lees ook :

Foto: edda.elisa Instagram

INTERNASIONAAL. – Lufthansa het glo vir Edda Elisa Pilz, ‘n Duitse fiksheidsbeïnvloeder, weens “naaktheid” verhoed om aan boord van ‘n vlug te gaan. Sy moes eers, te midde van ‘n hittegolf, haar oefenklere met ‘n baadjie toegemaak het.

Pilz, wat meer as 500 000 volgelinge op sosiale media het, sê sy het by die instaphek vir ‘n vlug van Berlyn na Oostenryk gewag toe ‘n personeellid haar meegedeel het dat haar sportbra en kortbroek nie gepaste drag is nie. Sy beweer sy is aangesê om haar baadjie heeltemal toe te rits voordat sy kon instap en dat daar herhaaldelik aan haar gesê is sy lyk “naak”. Volgens Pilz is mans met kortbroeke egter toegelaat om sonder enige probleme aan boord te gaan. Sy sê haar klagte gaan nie noodwendig oor die lugredery se kleredragbeleid nie, maar oor die wyse waarop sy behandel is.

Lufthansa het intussen gesê die maatskappy ondersoek alle klagtes oor die hantering van passasiers. Die lugredery het hom ook gedistansieer van die spesifieke woordkeuse wat na bewering deur die werknemer gebruik is, naamlik dat sy “naak” gelyk het en gesê dit stem nie ooreen met die maatskappy se standaarde nie. Lufthansa het bygevoeg dat daar van passasiers verwag word om gepaste klere vir openbare reis te dra, maar wou weens databeskermingsreëls nie kommentaar lewer oor die spesifieke voorval nie.

Die voorval het ‘n hewige debat op sosiale media ontketen. Sommige gebruikers meen lugrederye het die reg om standaarde vir gepaste kleredrag af te dwing, terwyl ander aanvoer dat vroue strenger as mans beoordeel word. Lugvaartkenners en kajuitpersoneel het ook daarop gewys dat min klere ‘n veiligheidsrisiko kan inhou, soos vryfbrandwonde by ‘n noodglybaan tydens ‘n noodontruiming.

Die video waarin sy vertel wat gebeur het, kan hier op Instagram gekyk word.

Bronne: Fox News, AIRLIVE, IBTimes UK, LADbible, Bored Panda, AOL, ynetnews

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief