Ma bly in aanhouding ná seuns glo vergiftig is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – Thelma Siphugu Ntanganedzeni (27) het Vrydag in die Tshilwavhusiku-landdroshof verskyn nadat sy in hegtenis geneem is in verband met die dood van haar twee seuns. Die 6- en 8-jarige is vermoedelik vergiftig. Sy bly in aanhouding terwyl die saak vir verdere ondersoek en borgtogaansoek tot 12 Junie uitgestel is.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Malesela Ledwaba, is ‘n moordsaak op 2 Junie geopen nadat die seuns in afsonderlike voorvalle dood aangetref is. Die polisie is kort ná 11:00 na die Tshilwavhusiku-gesondheidsentrum ontbied waar ’n 6-jarige seun dood op ’n bed aangetref is. Hy is vroeër die oggend deur sy pa, wat nie by hom woon nie, na die kliniek geneem nadat hy oor maagpyn, diarree en braking gekla het.

Later dieselfde dag, omstreeks 12:30, het die polisie nog ’n klagte ontvang oor ’n 8-jarige seun wat by die skool vermis geraak het. Ná ’n soektog is hy by sy huis in Madabani op ’n bed aangetref. Nooddienste het hom op die toneel dood verklaar.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die twee seuns broers is en moontlik vergiftig is. Die polisie het kort daarna die seuns se ma in hegtenis geneem. ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van die sterftes en motief vir die voorval vas te stel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief