Die 42-jarige Noliso Dlephu, haar dogter Lelothando (4) en hulle buurman Mwezi Mqathana (38) is op 27 Mei in Kosovo in Samora Machel doodgeskiet.
Volgems Women for Change het ‘n verdagte glo na die huis gegaan en gevra om Dlephu se man, ‘n sekuriteitswag, te sien. Hulle het hom ingelig dat hy by die werk is. ‘n Tweede verdagte het toe glo aan die huis se deur gaan klop en dieselfde vraag gevra. Hy het toe net op die mense in die huis begin skiet.
Die twee mans het agt skote afgevuur voor hulle van die toneel gevlug het.
Die motief agter die moorde is nog nie bekend nie, en niemand is nog in hegtenis geneem nie.





