WES-KAAP. – Die liggame van ‘n volwasse vrou en drie kinders, tussen drie en ses jaar oud, is vanoggend (Maandag) tussen puin van ‘n brand in die Siyahlala- informele nedersetting gevind. Langa-polisiekantoor het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.
Sers. Wesley Twigg, sê aan Nuusflits die brand het in die vroeë oggendure uitgebreek. Nooddienste het die slagoffers op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie.
Die ondersoek na die oorsaak van die brand duur voort.





