Dodetal in Indonesië styg steeds ná stormweer

Lees ook :

Dodetal in Indonesië styg steeds ná stormweer fotokrediet: X

INDONESIЁ. – Die dodetal in Indonesië het na 502 gestyg met 508 mense wat steeds vermis word en 2 500 mense wat beserings opgedoen het.

Lees ook: Sri Lanka verklaar noodtoestand ná oorstromings

Meer as 1 000 mense is in Thailand, Maleisië, die Filippyne en Sri Lanka oorlede ná verlede week se oorstromings, grondverskuiwings en modderstortings ná tropiese storms en siklone verwoesting in die gebiede gesaai het.

Die tropiese sikloon Senyar het katrastrofiese modderstortings in Indonesië tot gevolg gehad. Hewige reën en storms het dele van Thailand, Maleisië, die Filippyne en Sri Lanka die afgelope maand geteister. Altesaam 334 mense is reeds in Sri Lanka dood en 170 mense in Thailand.

Duisende mense is haweloos is in hierdie Asiatiese lande gelaat en dit is moontlik dat die dodetal nog gaan styg. Reddingswerkers is steeds op soek na vermiste mense, terwyl ‘n ernstige nood vir kos en water heers.

Weervoorspellers het gewaarsku daar is nog reën vir hierdie lande op pad.

Bronne: BBC, ABC News, The Star

Lees ook: Sri Lanka verklaar noodtoestand ná oorstromings

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief