LIMPOPO. – Drie verdagtes, onderskeidelik ‘n ma en twee mans, 22 en 35 jaar oud, is op aanklag van die hamermoord op haar seun (35), wie se liggaam Vrydag in Riverside ontdek is, in hegtenis geneem.
Kol. Maselesa Ledwaba sê die liggaam is omstreeks 09:00 ontdek nadat die polisie en mediese nooddienste ontbied is. Die liggaam was in ‘n gevorderde stadium van ontbinding. Die polisie het vasgestel wie die oorledene is en het tydens hulle ondersoek uitgevind die ma het glo verskeie kere vir haar seun van die huis af gevlug. Sy het na bewering raad ontvang om hom te laat “uitsorteer.” Op 11 Mei het die ma weer haar seun aan die polisie gerapporteer na hy glo moeilikheid gemaak het.
Ledwaba sê na bewering het die twee manlike verdagtes en die oorledene se ma hom in Mei ontvoer. Hy is glo tot by ‘n oop veld langs ‘n biblioteek in Jane Furse geneem, waar hy met ‘n hamer aangeval en vermoor is. Sy lewelose liggaam is glo daarna in Riverside gelos. Die ma het hom by die polisie, as vermis aangemeld.
Tydens die polisie-ondersoek is die drie verdagtes in hegtenis geneem en die moordwapen vir verdere ondersoek gekonfiskeer. Die drie verdagtes sal na verwagting binnekort in die Jane Furse-landdroshof verskyn.
Die ondersoek duur voort.
Lt.genl. Thembi Hadebe sê: “Domestic violence is becoming a serious threat to bringing about peace and stability in the province. It becomes every one’s responsibility within the society to make sure that steps are taken to help those in need of assistance to professionals to prevent unnecessary loss of lives.”