Toeris na veiligheid gehys

Lees ook :

Foto's: Travis Talmarkes en Matthew Trollip

WES-KAAP. – ‘n Beseerde Duitse toeris (26) is Saterdag met behulp van ‘n tegniese tousisteem deur vrywilligers en deskundiges van die WSAR van Platteklipkloof op Tafelberg na veiligheid gehys.

David Nel, woordvoerder van Wilderness Search and Rescue, sê die toeris het byna by die bokant van die Platteklipkloof geval en seergekry. Verbygaande stappers het dadelik die noodnommer vir hulp gebel.

Vrywilligers is met die kabelkar teen die berg opgeneem, voordat hulle oor die tafel van die berg is en daarna na benede, op soek na die beseerde vrou. Sy is eers behandel en daarna op ‘n draagbaar gesit. Die draagbaar met beseerde is stadig teen die steilte uitgesleep en verder oor die terrein tot by die kabelstasie gedra. Hierna is die vrywilligers en beseerde weer met die kabelkar na onder, waar sy na ‘n wagtende ambulans gedra en na ‘n hospitaal geneem is.

Die reddingsoperasie was kort voor 17:00 voltooi.

Die verbygaande stappers is deur Nel bedank. Hy versoek buitelugliefhebbers om die noodnommer 021 937 0300 te memoriseer.

Foto’s deur Travis Talmarkes en Matthew Trollip

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief