Ma en twee minderjarige dogters deur beweerde huisrowers oorval

Lees ook :

Foto: Google Maps

VRYSTAAT. – ‘n Ma en haar twee minderjarige dogters is in hul slaapkamer oorval nadat vier verdagte mans glo in die vroeë oggendure by hul woning in Lindistraat, Doorn, Welkom, ingebreek het.

Sers. Palesa Thabana, polisiewoordvoerder, sê die voorval het op 4 Julie omstreeks 01:30 plaasgevind. Volgens Thabana het die ma en twee minderjarige dogters hulself in ‘n slaapkamer probeer toesluit nadat die verdagtes toegang tot die huis verkry het. Die mans het egter die slaapkamerdeur oopgebreek en toegang verkry. Geld is na bewering van die vrou geëis en sy is aangerand. Sy is ook gedwing om haar foon se banktoepassing oop te maak en geld tussen haar bankrekeninge oor te plaas. Twee van die verdagtes het daarna met haar twee bankkaarte en drie selfone van die toneel gevlug, terwyl die ander twee agtergebly het. Hulle het kort daarna ook gevlug.

Die voorval is by die polisie aangemeld. Op 6 Julie is nog ‘n huisbraak by dieselfde woning aangemeld. Volgens die polisie het die verdagtes vermoedelik die huissleutel gebruik om weer toegang tot die huis te verkry, waarna verskeie waardevolle items gesteel is. Inligting wat deur ondersoekers opgevolg is, het gelei tot die inhegtenisneming van ‘n 44-jarige man wat moontlik met die misdade verbind word.

Die oorblywende verdagtes is steeds op vrye voet en die ondersoek duur voort. Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei of die ondersoek kan help, word versoek om AO Andrew Lechesa by 060 985 9330 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief