Ma gevonnis vir moord op baba

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORDWES. – Lerato Valencia Pokonyane (35) is deur die Stilfontein-streekhof tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die moord op haar drie maande oue baba.

Volgens polisiewoordvoerder, sers. Kelebogile Morake, is die baba se liggaam op 13 Januarie 2022 langs die N12 tussen Stilfontein en Potchefstroom aangetref. Haar hande en voete was met plastiek saamgebind en haar gesig was bedek. Nooddienste het haar dood verklaar. Babaklere en ‘n hospitaalboekie is ook op die toneel aangetref.

Speur.AO Tebogo Lawrence Tlhakanye het die ondersoek gelei wat die verdagte in Kuruman opgespoor het. Pokonyane, ‘n Lesotho-burger, is gevang terwyl sy by die Ficksburg-grenspos probeer vlug het. Die hof het haar ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en ongeskik om met kinders te werk ingevolge Artikel 120 van die Kinderwet.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief