VRYSTAAT. – ’n 21-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat haar 3-jarige dogter na bewering in ’n agterkamer in Vogelfontein naby Bethlehem verwurg is.
AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die voorval het na bewering Dinsdagaand by die verdagte se woning plaasgevind. Die polisie is na die toneel ontbied en het die vrou in hegtenis geneem. Sy is daarna vir verdere mediese behandeling en evaluering geneem. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Bethlehem-landdroshof verskyn, waar sy op ’n aanklag van moord tereg sal staan.
Die omstandighede van die kind se moord word deur die Betlehem-polisiekantoor ondersoek.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: