Ma veg vir haar en ongebore baba se lewe

Lees ook :

Foto: BackaBuddy

OOS-KAAP. – “My kind, Here asseblief hou haar en die babatjie styf vas.” So sê Charmaine Martins de Beer Woensdag op Facebook. Carlene Klue (33) veg vir haar en haar 23 weke ongebore baba se lewens. ‘n Verwoestende brand het haar huis, besittings en voorbereidings vir die baba in ’n oomblik tot as verbrand. Volgens Klue se ma is haar dogter, wat brandwonde opgedoen het, se kans op oorlewing 20 tot 30 persent.

“Sy veg vir haar lewe, maar ons hou vas aan God se krag. Klue word tans in die brandeenheid van Dora Nginza-hospitaal in Gqeberha behandel. ‘n Skarebefondsingsprofiel is twee dae gelede geregistreer en Jacolene Fourie sê die doel is om finansiële ondersteuning te bied vir mediese behandelings, moontlike operasies, spesialissorg, medikasie en 24-uur versorging tydens die lang en pynlike herstelproses wat voorlê.

Die gesin het alles in die brand verloor. Volgens Fourie klink die versoek eenvoudig, maar die verantwoordelikheid om al hierdie sorg te organiseer is enorm. Daar word gevra dat indien daar nie finansieel bygedra kan word nie, Charlene se storie gedeel word en vir haar en haar baba gebid moet word.

Die ma sê in die ergste geval, dat haar dogter moontlik nie herstel nie, sal die geld van die skarebefondsingsprofiel gebruik word om na Charlene se begrafnis en gesin om te sien. “Vir die ergste, God verhoed, die begrafnis en reëlings en die dinge gepaardgaande.”

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief