Man (67) in hof na 106 vuurwapens en 1 704 rondtes ammunisie gevind is

Lees ook :

Man (67) in hof na 106 vuurwapens en 1704 rondtes ammunisie gevind is
Man (67) in hof na 106 vuurwapens en 1704 rondtes ammunisie gevind is fotokrediet: SAPD

Lees ook: Agnes Setshwantsho vind na verwagting vandag uit oor borgaansoek

MPUMALANGA. – ’n Man (67) sal na verwagting vandag in die Chief Albert Luthuli-landdroshof verskyn na hy in hegtenis geneem is vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens met ammunisie. Hy is ook in hegtenis geneem vir die oortreding van die vuurwapenbeheerwet van Suid-Afrika.

Die polisie het inligting ontvang oor vuurwapens wat glo in die man se huis in Elukwatini gestoor word. Hulle het gister 106 vuurwapens en 1704 rondtes verskillende ammunisie in sy woning gekry. Hy kon nie verduidelik waar hy omtrent 20 van die wapens gekry het nie en het nie ’n lisensie vir vier pistole gehad nie.

Die vuurwapens was onder die bed en in die kas, nie in ’n kluis soos dit moet wees nie. Nog klagtes sal moontlik teen die man aangebring word. Die wapens en ammunisie is gekonfiskeer vir verdere ondersoek.

Bronne: SAPD

Lees ook: Agnes Setshwantsho vind na verwagting vandag uit oor borgaansoek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief