Man al meer as 100 dae vermis

Lees ook :

Foto: Roelien Blignaut

GAUTENG. – JP “Mossie” Blignaut (60) (Jacobus Petrus Mostert Blignaut) is nou reeds 107 dae van sy huis in Wierdapark, in Centurion vermis. Hy het op 29 November 2025 vertrek sonder om iemand in te lig waarheen hy gaan en is sedertdien nog nie weer gesien nie.

Missing Persons South Africa sê die familie van Blignaut soek steeds antwoorde nadat hy meer as drie maande gelede spoorloos verdwyn het. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het bevestig dat Blignaut by Wierdabrug-polisiekantoor as vermis aangemeld is. Blignaut word beskryf as sowat 1,73 meter lank, met ’n gemiddelde bou, grys hare en blou oë. Blignaut het kenmerkende littekens, insluitend een op sy maag van ’n vorige breukoperasie en ’n letsel op sy regter bo-lip. Hy is volgens sy familie gesond en ly nie aan Alzheimer se siekte of soortgelyke toestande nie, maar gebruik wel medikasie vir hoë bloeddruk. Hy het ten tyde van sy verdwyning ‘n blou denimbroek en bruin leerskoene aangehad. Die polisie ondersoek die omstandighede rondom sy verdwyning.

Volgens sosialemediaplasings van Roelien Blignaut, is haar pa se selfoon sedert 30 November 2025 af. Daar is onbevestigde rapportering dat Blignaut moontlik in plekke soos Parys, Heilbron, Potchefstroom en selfs Namibië gesien is. Die laaste betroubare leidraad dui egter daarop dat sy bankkaart en selfoon in die Annlin-gebied en Pretoria-Wes gebruik was. Haar pa het volgens sy dogter geen persoonlike besittings saamgeneem nie en beklemtoon dat sy verdwyning heeltemal buite sy karakter is. Die familie doen ’n ernstige beroep op die publiek om die inligting wyd te deel in die hoop om hom veilig huis toe te bring.

Enigiemand met relevante inligting word versoek om die Wierdabrug-polisiekantoor of die ondersoekbeampte, adjudant-offisier T.E. Michau, by 012 685 0046 of 084 400 5184 te bel.

Bronne: Roelien Blignaut, Missing Person South Africa en SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief