KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 30’s, is Woensdagmiddag kort ná 17:00 dood nadat ‘n hidrouliese hyskraan (cherry picker) by ‘n gewilde sentrum in Ridgestraat omgeslaan het.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die bestuurder is van die toestel afgegooi toe dit omgeslaan het. Met aankoms op die toneel is vasgestel dat die bestuurder noodlottige beserings opgedoen het en hy is dood verklaar. Die presiese omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is nog onbekend.
Die polisie was op die toneel teenwoordig om ondersoek in te stel.





