Man doodgesteek nadat hy glo per ongeluk kleuter met klip tref

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Shervago Hanse (29) het glo Saterdag per ongeluk ‘n kleuter (2) tydens ‘n argument by ‘n huis in Albatrosstraat, Reservoir Hills, Despatch, met ‘n klip getref. Hanse is ná die voorval doodgesteek, waarna die verdagte deur die polisie op Despatch in hegtenis geneem is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die voorval het omstreeks 04:00 gebeur. Die vrou van die huis wou na bewering hê dat haar kinders se vriende die perseel moes verlaat ná ’n drinkpartytjie. Terwyl die vriende aan die vertrek was, het een van hulle in ’n woordewisseling met die vrou se dogter betrokke geraak en ’n klip gegooi, wat die kleuter getref het.

Die kleuter se oom het, toe hy sien sy nefie is beseer, glo terugbaklei en vir Hanse gesteek. Hanse is later in die hospitaal oorlede.

Die verdagte sal vandag (Maandag) op ‘n aanklag van moord in die Kariega-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief