Vyf mense dood in Russiese aanval op Oekraïne

Lees ook :

Vyf mense dood in Russiese aanval op Oekraïne fotokrediet: Canva

OEKRAÏNE. – Vyf mense, insluitend ‘n meisie (15), is oorlede ná Rusland Oekraïne oornag met vuurpyle en hommeltuie aangeval het.

Lees ook: Vier dood, insluitend kind, in Russiese aanval op Oekraïne

Vier van die oorledenes, insluitend die meisie, was van een familie. Hulle is in Lapaivka dood en die vyfde persoon in Zaporizhzhia.

Die Oekraïense president, Wolodomir Zelenski, het gesê Rusland het meer as 50 vuurpyle en ongeveer 500 hommeltuigaanvalle geloods.

Rusland se minister van verdediging het gesê dit het ‘n suksesvolle “massa-aanval” op Oekraïense militêre infrastruktuur uitgevoer.

Poland het vegvliegtuie tydens die aanval uitgestuur om te verseker dat die lugruim veilig is. Nato-vliegtuie is ook uitgestuur.

Bronne: BBC, CNN, The Independent

Lees ook: Vier dood, insluitend kind, in Russiese aanval op Oekraïne

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief