Man en vrou tydens plaasaanval vasgebind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Man (69) en sy vrou is Dinsdagaand omstreeks 22:30 in hulle huis op ‘n plaas by Committees Drift, buite Makhanda (Grahamstad) oorval, vasgebind en beroof.

Kapt. Marius McCarthy, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits volgens rapportering het ses mans, van wie minstens drie vuurwapens gehad het en almal vermom, die huis binnegedring. Die egpaar is met gordels vasgebind en in die badkamer toegesluit, terwyl die aanvallers kontant, juweliersware, vyf selfone, ’n digitale kamera, twee pare jagstewels en ’n beursie met kaarte gebuit het. Een van die slagoffers het deur ’n badkamervenster van die plaashuis ontsnap en hulp by ’n nabygeleë gastehuis ontbied. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, word gevra om kapt. Maxakana by 072 735 0048 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief