Man gevonnis ná vriendin op berg verkluim

Lees ook :

Foto ter illustrasie

OOSTENRYK. – ’n 37-jarige Oostenrykse man is Donderdag in ‘n hof in Innsbruck tot ‘n opgeskorte vonnis van vyf maande gevonnis nadat sy vriendin (33) verlede jaar Januarie tydens ‘n bergklimtog op die Grossglockner-berg, die hoogste berg in Oostenryk, aan hipotermie dood is. Hy is daarvan beskuldig dat hy te laat met die klim begin het, nie ’n noodoproep voor donker gemaak het nie en toegelaat het dat sy vriendin ongeskikte toerusting gebruik.

Volgens Sky News is die man, slegs as Thomas P geïdentifiseer, ook met €9 400 beboet oor die dood van sy vriendin, Kerstin G.

Die ongewone saak het groot aandag op sosiale media getrek en vrae laat ontstaan oor die omvang van regsaanspreeklikheid in die berge, wat klimmers gewoonlik op eie risiko verken.

Aanklaers in Innsbruck het aangevoer dat Thomas P as die verantwoordelike gids beskou moet word omdat hy, anders as sy vriendin, baie ervaring met hoë berge gehad en die klimtog beplan het.

Die hof het gehoor die paartjie was sowat 50 meter onder die spits van die berg op ’n ysige winternag toe Kerstin G te uitgeput was om verder te klim. Thomas het egter nie ’n noodoproep gemaak of noodseine gegee toe ’n polisiehelikopter sowat twee uur later oor hulle gevlieg het nie.

Omstreeks 02:00 het hy sy vriendin in sterk wind agtergelaat sonder om haar in ’n noodkombers of bivaksak, wat sy in haar rugsak gehad het, terwyl hy hulp by ’n berghut gaan soek het. Hy het aan die hof gesê die situasie was uiters stresvol.

Nadat hy omstreeks 03:30 die bergpolisie gebel het, is geen soektog begin nie omdat hy nie duidelik gemaak het dat hulle gered moes word nie. Hy het ook nie oproepe of WhatsApp-boodskappe beantwoord waarin gevra is of hulle hulp nodig het nie, omdat sy selfoon glo op vliegtuigmodus was om batterykrag te spaar.

Volgens hom is sy lewe gered deur sy vriendin se woorde: “Gaan nou, gaan!” toe hy teruggedraai het na haar toe.

Hy kan teen die uitspraak appelleer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief