Man in aanhouding ná aanranding in Klerksdorp

Lees ook :

Nuusflits

WAARSKUWING: Foto’s kan sensitiewe lesers ontstel.

KLERKSDORP. – Brhaam Rees van der Westhuizen (25) van Noordwes bly in aanhouding ná ’n gewelddadige voorval waarin hy teregstaan op ’n aanklag van poging tot moord. Hy het Maandag (2 Junie) in die landdroshof in Klerksdorp verskyn en sal na verwagting Maandag (9 Junie) om borgtog aansoek doen.

Volgens kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, is Michael Deysel (26), ’n kelner by ’n plaaslike restaurant, op 17 Mei na bewering deur Van der Westhuizen – die huidige kêrel van Deysel se swanger eksmeisie – aangerand. ’n Ooggetuie het aan OFM beskryf hoe Deysel wreed oor ’n teerpad gesleep en op die sypaadjie gelos is.

Deysel het ernstige kopbeserings opgedoen en is in ’n kritieke toestand met bloeding op die brein in die hospitaal opgeneem. Hy is intussen uit die Tshepong-hospitaal ontslaan.

Van der Westhuizen het hom op 30 Mei aan die polisie oorgegee nadat beamptes hom nie die vorige dag kon opspoor nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief