Man in hegtenis ná poging tot gewapende roof en hoëspoedjaagtog

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – ’n Verdagte is Donderdag aangekeer ná ’n dramatiese jaagtog met die polisie wat gevolg het op ’n beweerde poging tot ’n gewapende roof in Sandton.

Brig. Brenda Muridili sê die hoofwegpatrollie het inligting gekry oor ’n wit Toyota Corolla wat moontlik by die poging tot ‘n gewapende roof betrokke was. Polisiebeamptes saam met die Johannesburg-metropolisie en veiligheidsmaatskappye het na die spesifieke voertuig begin soek. Die voertuig met drie manlike insittendes is in Katherine-straat opgemerk.

Toe die polisie hulle wou aftrek, het die bestuurder versnel en probeer wegkom. Tydens die jaagtog het twee van die insittendes uitgespring en te voet gevlug. Die bestuurder het beheer verloor en teen ’n vragmotor gebots, waarna hy ook probeer weghardloop het. Polisiebeamptes het hom egter kort daarna ingehaal en in hegtenis geneem.

Tydens ’n deursoeking is twee onwettige vuurwapens, ammunisie en handskoene in die voertuig gevind. Verdere ondersoek het gewys die motor is vroeër vanjaar in Daveyton gekaap en “gekloon”. Die man sal onder meer aangekla word van die besit van ’n gesteelde voertuig, onwettige vuurwapens en ammunisie, asook roekelose bestuur. Die ander twee verdagtes is steeds op vrye voet en word gesoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief