Man in hegtenis ná sy vrou se liggaam in motor se kattebak gevind is

Lees ook :

Foto: Morné Swart, Dezel van der Merwe

GAUTENG. – ’n Man (42) is deur die polisie in hegtenis geneem nadat die liggaam van Juanita Vermeulen, sy vrou, in die kattebak van ’n motor by ’n winkelsentrum in Brackendowns, Alberton, gevind is. Vermeulen was die ma van ’n negejarige dogter.

Lt.kol. Mavela Masondo het aan Nuusflits gesê die vrou is Vrydag deur ’n vriendin as vermis by die Alberton-polisiestasie aangemeld. ’n Soektog is onmiddellik van stapel gestuur en haar liggaam is later in die kattebak van haar wit BMW in die Brackenhurst-gebied gevind. Sy het steekwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

’n Moorddossier is geopen en die eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade het die ondersoek oorgeneem. Die ondersoek het Saterdag tot die man se inhegtenisneming gelei. Hy sal na verwagting Maandag op ’n aanklag van moord in die Alberton-landdroshof verskyn.

Volgens ‘n berig van Caxton Network News is die liggaam deur twee mans ontdek wat glo genader is om vir die dag die bestuurders van die betrokke motorvoertuig te wees.

Morné Swart het ‘n sosialemediaplasing gemaak waarin die oorledene as Juanita Vermeulen geïdentifiseer is. Sy is volgens haar Facebook-blad ‘n finansiële direkteur by Cyber Squirrel Pty Ltd.

Dezel van der Merwe het ‘n hartseer sosialemediaplasing gemaak om te sê sy sal haar vriendin mis.

Genia van Heerden het gesê:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief