Frikkie Jansen van Rensburg wat na bewering betrokke was by die aanranding van die 23-jarige Wayne van Zyl het Donderdag in die hof verskyn.
Van Rensburg het vir die moord op Van Zyl in die landdroshof in Klerksdorp verskyn. Hy is op R3 000 borgtog vrygelaat.
Na bewering het Van Zyl en Jansen van Rensburg glo ‘n argument gehad by ‘n kuierplek in Klerksdorp. Van Zyl is so erg aangerand dat ‘n aar in sy nek beskadig is. Hy is dood van bloeding op die brein.
Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, sê Van Zyl en Jansen van Rensburg het al in die kuierplek aan mekaar begin ruk en pluk.
“Van Zyl het glo geval en die beskuldigde het hom toe glo geskop. Hy het opgestaan en op die sypaadjie gaan sit, maar toe omgeval.”
Hy is op die toneel dood verklaar.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





