Man in hof ná vrou se liggaam in Knysna ontdek is

Lees ook :

Foto: Velia Strydom Facebook-blad

WES-KAAP. – Velia Strydom (39) se liggaam is op 12 Desember 2025 in bosse naby ‘n grondpad, by Red Bridge, in Knysna gevind. Die Knysna-polisie het ’n moorddossier geopen en ‘n 40-jarige man in hegtenis geneem.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder AO Christopher Spies het die verdagte Maandag in die Knysna-landdroshof voorgekom. Die saak is vir ‘n formele borgtongaansoek tot 14 Januarie uitgestel, terwyl die verdagte in aanhouding bly.

’n Lykskouing om die oorsaak van dood vas te stel, is reeds gedoen. Die verslag vorm deel van die voortgesette moordondersoek. Spies sê voorts verdere aanklagte kan moontlik bygevoeg word.

‘n Petisie is geloods om te voorkom dat die verdagte Maandag borg kry.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief