KIMBERLEY. – ’n Man (42) is gister in hegtenis geneem vir die oortreding van die wet op vuurwapenbeheer na ’n skietvoorval by sy huis aangemeld is.
Lees ook: Israel val Gaza opnuut aan, minstens 200 mense dood
Die man se bure het die polisie gebel na hulle glo skote by sy huis gehoor het. Die polisie en ’n gyselaaronderhandelaar is na die huis toe, maar die man was alleen by die huis.
Hy is in hegtenis geneem en die vuurwapen is by hom afgevat. Niemand is beseer nie en die ondersoek duur voort.
Bronne: SAPD
Lees ook: Israel val Gaza opnuut aan, minstens 200 mense dood





