Man in kritieke toestand nadat giftige honderdpoot hom byt

Lees ook :

Man in kritieke toestand nadat giftige duisendpoot hom byt fotokrediet: RUSA

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (36) is in kritieke toestand nadat hy verlede Vrydag deur ‘n giftige Chinese Rooikop-honderdpoot gebyt is.

Lees ook:Nog leerlinge in Nigerië ontvoer

Reaksie-eenheid-lede is Donderdag vir hulp geskakel. Paramedici is ‘n bytmerk op die man se duim gewys.

Die man het verduidelik hy het op sy bed gelê en het die honderdpoot naby sy een maand oue baba gesien. Hy het die honderdpoot gegryp en in ‘n plastieksak gesit om dit buitentoe te neem toe dit hom deur die sak gebyt het.

Hy is na ‘n hospitaal geneem nadat hy naar en duiselig geraak het en gesien het sy kop swel. Hy is ‘n inspuiting en medikasie gegee en toe ontslaan.

By die huis gekom, het hy besef sy kop was nog steeds geswel. ‘n Plaaslike dokter wat hy besoek het, het onmiddellike hospitalisasie versoek.

Hy is Maandag na die Mahatma Gandhi Memorial-hospitaal in pyn, maar het geen behandeling ontvang nie.

Bron: RUSA

Lees ook:Nog leerlinge in Nigerië ontvoer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief