NIGERIЁ. – ‘n Onbekende aantal leerlinge is vanoggend deur gewapende mans by die St Mary’s Katolieke skool in Papiri, Nigerië, ontvoer.
Lees ook: Onderwyser dood en 25 meisies ontvoer by skool in Nigerië
Dit is die tweede massa-ontvoering by ‘n skool in Nigerië dié week. 25 meisies is Maandag by ‘n skool in Kebbi ontvoer.
Inwoners van Papiri het gesê daar is kommer dat byna 100 leerlinge en werkers van die skool ontvoer is.
Volgens die polisie het gewapende mans vanoggend die St Mary’s-skool bestorm en ‘n onbekende aantal kinders uit die koshuis ontvoer.
Owerhede in Nigerië het gesê die skool het ‘n bevel om die koshuise toe te maak ná waarskuwings oor aanvalle geïgnoreer is.
Die leerlinge word nog gesoek. Nog 23 kinders word in Kebbi vermis nadat twee meisies kon ontsnap.
Bronne: BBC, CNN, DW
Lees ook: Onderwyser dood en 25 meisies ontvoer by skool in Nigerië





