Brekende Nuus
Nuus

Man neem glo eie lewe ná skietvoorval

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – ’n 57-jarige man is Woensdagmiddag (21 Oktober) dood nadat hy homself na bewering met ’n rewolwer geskiet het tydens ’n voorval in Wilgehof, Bloemfontein. Volgens die polisie het die man glo verskeie skote in die rigting van ’n 18-jarige geskiet, maar hom nie getref nie. Die man het hom daarna na bewering self geskiet in die teenwoordigheid van ’n 20-jarige vrou wat in die erf was.

Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê noodpersoneel, private veiligheidsmaatskappye en die polisie het omstreeks 14:30 ’n noodoproep oor die skietvoorval ontvang. Die man is deur paramedici op die toneel dood verklaar. ‘n Saak van poging tot moord en ‘n geregtelike doodsondersoek word deur die polisie ondersoek.