Man rand glo vrou aan ná sy toelaag op drank spandeer

Lees ook :

Man rand glo vrou aan na sy toelaag op drank spandeer fotokrediet: Facebook

MHLASINI, KZN. – ’n Man het glo sy vrou gister aangerand ná sy erken het dat sy haar sosiale noodhulptoelaag van R350 op drank gespandeer het.

Lede van die Reaksie-eenheid SA (Rusa) is oor die voorval in kennis gestel.

Lees ook: Nandipha Magudumana weer na hof oor uitlewering

Toe die man by die huis aangekom het, het hy sy vrou gevra wat sy met haar toelaag gedoen het. Die vrou was glo dronk en het gesê dat sy die geld gebruik het om drank mee te koop. ‘n Stryery het ontstaan en die man het na bewering sy vrou met ’n mes gedreig. Sy het die mes gegryp en in die proses is haar hand daarmee oopgesny.

Luidens ’n plasing op die RUSA Facebook-blad het die vrou geweier om ’n klagte teen haar man te aanhangig maak.

Bronne: RUSA Facebook

Lees ook: Nandipha Magudumana weer na hof oor uitlewering

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief