‘n Man (39) wat van kaping beskuldig is, is vanoggend naby sy huis in Cottonlands KZN doodgeslaan. Volgens die broer van die oorledene het ongeveer 20 mans gisteraand om 22:00 by hul huis aangekom.
Hulle het sy broer of suster van ‘n kaping beskuldig en hom gedwing om saam met hulle te gaan. Vier mans het vanoggend (Dinsdag) teruggekeer met die kritiek beseerde man in ‘n kruiwa gelaai. Hulle het hom in ‘n kritieke toestand naby sy woning afgegooi.
Sy familie het daarna Reaction Unit South Africa (Rusa) vir bystand gekontak. Met aankoms omstreeks 11:14 het Rusa-lede die man ondersoek en gevind dat hy beenbreuke aan sy arms, bene en ribbes opgedoen het. Hy het ook veelvuldige snywonde aan sy kop gehad. Hy het voor die aankoms van paramedici gesterf.
Sy broer het reaksiebeamptes ingelig dat die oorledene ‘n skrootversamelaar was en geen misdaad gepleeg het nie.