Man verdrink in Stilbaai

Lees ook :

Foto: NSRI

WES-KAAP. – ‘n Man, vermoedelik in sy vroeë 50’s, het Sondag naby die Goukou-riviermond in Stilbaai verdrink.

Stéfan Grové, die stasiebevelvoerder van NSRI Stilbaai, sê hulle is Sondagmiddag net voor 16:00 van ‘n verdrinking ingelig. Die polisie, reddingswemmers en ‘n reddingstuig is geaktiveer. Daar is na die man gesoek wat volgens ‘n ooggetuie deur die rivier wou swem, maar na die see meegesleur is en vermis geraak het.

Die man is opgespoor, maar hy is dood verklaar, waarna sy liggaam na die NSRI Stilbaai-stasie geneem is en aan patologiese dienste oorhandig is.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.



 
 

facebook sharing button
twitter sharing button
email sharing button
whatsapp sharing button

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief