Man verloor arm in ongeluk

Lees ook :

‘n Man se arm is geamputeer nadat sy voertuig Vrydagaand op die R102 in Canelands, KZN, omgeslaan het.

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 18:20 na die toneel ontbied waar ‘n wit Mercedes-Benz Sprinter op sy sy gelê het.

Die bestuurder is langs die motor gevind. Sy regterarm is deur die ongeluk afgeruk.

Die vroulike passasier het beamptes ingelig dat hulle in die Verulam-rigting op pad was. Die bestuurder het glo gedraai om uit die pad van twee motors wat gejaag het te kom.

Die ernstig beseerde man is op die toneel behandel voor hy met ‘n ambulans na ‘n hospitaal geneem is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief