Brekende Nuus
Afrikaans

Man vermis in Gauteng

Daar is berigte dat hy op die 29 Junie 2021 in die Endicott-area gesien is, maar dit kan nie bevestig word nie.

Man vermis in Gauteng
Man vermis in Gauteng Foto: Verskaf

GAUTENG. – ’n Man word in Gauteng vermis. Gert-Lee van der Westhuizen (32) is sedert 9 Junie 2021 in die Edenvale-area vermis.

LEES OOK: Man brand huis af toe hy steak in broodrooster gaarmaak

Man vermis, glo afgelaai

Van der Westhuizen is glo op 9 Junie 2021 in Edenvale afgelaai en nooit weer gesien het. Hy het in daardie stadium ’n blou denim, camo-baadjie, blou hoed en swart-enrooi tekkies aangehad.

Daar is berigte dat hy op die 29 Junie 2021 in die Endicott-area gesien is, maar dit kan nie bevestig word nie.

Kroniese siekte

Van der Westhuizen het ’n kroniese siekte en het nie sy medikasie by hom nie. Hy het sy medikasie laas op 9 Junie 2021 gedrink.

Enigiemand met inligting oor waar Van der Westhuizen hom bevind, kan a.o. Makathi by 068 569 4047 skakel.

LEES OOK: Vrou in hegtenis wat glo lieg oor verkragting

Nuusflits het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.