Man verskyn in hof oor 90 aanklagte van seksuele misdrywe

Lees ook :

Foto's: Jamie Pyatt News Ltd

WES-KAAP. – Ian Wares het hom Woensdag by die Simonstad-landdroshof oorgegee, waar hy in hegtenis geneem is en in die hof verskyn het op 90 nuwe aanklagte van die 1960’s en 1970’s in Skotland.

Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder, sê die aanklagte sluit 60 aanklagte van seksuele aanranding, vier van verkragting, 25 van aanranding en een van crimen injuria in. Die beweerde misdade is glo gedurende die 1960’s en 1970’s in Edinburg, Skotland, teen tienerseuns gepleeg. Die saak is tot 20 November uitgestel sodat Wares ‘n regsverteenwoordiger kan aanstel en om die uitleweringsaak te hanteer.

Redaksionele kennisgewing oor foto’s:

Foto’s van Ian Wares is onder outeursreg van Jamie Pyatt News Ltd. Foto’s mag nie buite Suid-Afrika bemark of versprei word nie. Vir enige versoeke van buite Suid-Afrika, kontak asseblief jamiepyatt@hotmail.com.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief