Die wit huisies van Paternoster en die breek van branders is sinomiem met ’n naweek by die see. Hier kan die dwaler kaalvoet langs die water stap en herhiner word aan die mooiheid van die eenvoudigste dinge.
Baywatch Villas en Akkomodasie bied meer as net gemaklike akkomodasie. Dit is waar die dwaler die rustigheid kan kry waarna hy of sy verlang van ’n besoek aan die Weskus.



Iets vir elke besoeker
Van die vierster Gastehuis en Penthouse tot Baywatch se drie-ster selfsorg-eenhede, hier kan die dwaler kies en keur waar om agteroor te sit, skoene uit te skop en die aansig te geniet.



Die Penthouse se uitsig sal verseker van die dwaler ’n aahanger maak van die Baywatch kolleksie. Met twee slaapkamers, ’n oopplan-leefarea, en ’n beskutte braaipatio met ’n uitsig oor die baai maak dit die perfekte ruimte vir ontspanning. Luuksheid ontmoet gemak in Die Penthouse. Van vars beskuit tot DSTv en genoeg vuurmaakhout sal jou op jou gemak en tuis laat voel.



Die Gastehuis se dekor is tipes Weskus en elke kamer is met sorg ingerig. Elke kamer het sy eie balkon, ’n koninggrootte-bed, en bied ook die klein luukshede, soos elektriese komberse, ’n minikroeg en TV. Die kamers se dekor is en geïnspireer deur skulpe, sand en veldblomme. Soggens word die dwaler wakker met die reuk van vars koffie en jou ontbyt word besonders gemaak deur persoonlike aanraking en ’n vriendelike glimlag.
Die drie-ster selfsorg-eenhede is sowat sewentig meter van die strand af gelee. Die eenhede is volledig toegerus en is troeteldiervriendelik. Elegansie en eenvoud gaan hand aan hand hier by Baywatch Villas.



Ten slotte
Die glinsterende see, vriendelike personeel, ‘n tikkie luuskheid en ’n oorvloed van gemak – Baywatch Villas het ’n plekkie vir jou. Van die warm aankoms by die groet tot die netjiese kamers dra die invloed van die eienaars se persoonlike handtekening.
By Baywatch raak gaste besoekers en terugkom deel van die tradisie. Hier hoort die dwaler!



Dwaal groete.
Annette





