Man wat glo kleuter met mes aanval vandag op moordaanklag in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

MPUMALANGA. – ‘n Man (24) wat Maandag in hegtenis geneem is in verband met die moord op ‘n kleuter, sal vandag (Dinsdag) in die Kwamhlanga-landdroshof verskyn. Sy 2-jarige niggie is met ‘n ernstige nekwond en geen tekens van lewe nie deur die polisie in ‘n hospitaal aangetref.

Lt.kol. Jabu Ndubane, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die polisie is Sondagaand na 20:00 deur ‘n plaaslike hospitaal gekontak nadat ‘n kleuter deur familielede daarheen geneem en met aankoms dood verklaar is. Met aankoms by die hospitaal het polisielede die liggaam van die kleuter met ‘n diep wond aan die nek op ‘n bed aangetref. Daar word beweer dat die kind se oom haar in Phola Park in Kwamhlangu aangerand het, voordat hy sonder om iets te sê, van die toneel weg is.

Voorlopige inligting dui daarop dat drie kinders tussen twee en ses jaar oud buite gespeel het toe die verdagte glo uit die huis gekom het met ’n mes. Hy het na bewering sy kleuterniggie gegryp en haar noodlottig beseer. Die ander twee kinders het die huis ingevlug en vertel wat gebeur het. Die beseerde kind is na die hospitaal geneem, waar sy dood verklaar is.

Die verdagte het hom Maandag aan die polisie oorgegee en is van die moord aangekla.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief