Man wat glo uit aanhouding in hospitaal ontsnap weer gevang

Lees ook :

Man wat glo uit aanhouding in hospitaal ontsnap het weer gevang
Man wat glo uit aanhouding in hospitaal ontsnap het weer gevang fotokrediet: Canva

Lees ook: Weerdiens waarsku teen hittegolwe

LIMPOPO. – ‘n Man wat glo uit polisieaanhouding in ‘n hospitaal ontsnap het, is Dinsdagaand weer in hegtenis geneem.

Thabo Ali Molobela (35), wat glo ses mense op 19 Augustus in die Makgophong Village geskiet het en daarna homself geskiet het, het meer as ‘n week gelede uit ‘n hospitaal ontsnap.

Hy is Dinsdagaand op Hoedspruit in hegtenis geneem na die polisie inligting ontvang het dat hy daar is. Sy ontsnapping word steeds ondersoek.

Molobela het glo twee mense doodgeskiet en vier mense beseer. Hy het glo sy vrou, hulle kind en nog familielede wat in ‘n kar was, geskiet. Hy en sy vrou het glo huweliksprobleme gehad. Toe mense hulle wou help om dit op te los, het dit ‘n skietery geëindig.

Molobela se saak is tot 11 Oktober uitgestel.

Bronne: IOL, News365, The Africa

Lees ook: Weerdiens waarsku teen hittegolwe

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief