Nuusflits Uitgawe 1,314 — Thursday 5 October 2023
Alle artikels en regskennisgewings gepubliseer in Nuusflits uitgawe 1,314 op Thursday 5 October 2023.
Tshwane en Ekurhuleni skuld Eskom R4,7 miljard
Wisselvallige betalings deur die Stad Tshwane, wat terugdateer na 2022, is kommerwekkend.
Transnet Freight Rail se uitvoerende hoof bedank
TFR het swak gevaar tydens haar ampstermyn, met uitvoervolumes wat tot die laagste vlakke in jare gedaal het.
Soweto-man doodgeskiet na hy ‘weier’ om pad te gee vir veiligheidswag by OTM
Die 44-jarige veiligheidswag sal na verwagting binnekort in die hof op aanklag van moord verskyn.
Twee verdagtes gesoek ná skietery in Nuweland Jhb
Die pa (41) het aan sy beserings beswyk terwyl die dogter (14) hospitaal toe geneem is.
Aardbewing van 2.5 op die Richterskaal tref suidelike dele van Johannesburg
Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburg-nooddienste, sê hulle het geen verslae van beserings of skade ontvang nie.
Kinders ontdek liggaam van man wat geskiet is langs rivier
Die kinders het gestap en op die man se liggaam langs 'n rivier afgekom.
Drie ‘gewapende rowers’ sterf tydens hoëspoedjaagtog met polisie
Drie beweerde gewapende rowers sterf tydens hoëspoedjjaagtog met die polisie.
Noord-Kaap-lesers, hier is jou nuus vir die week
Noord-Kaap-lesers, hier is jou Hadeda News-uitgawe vir die week:
Tieners dood wat glo Somaliese winkeleienaar wou beroof
Die twee tieners is op die toneel oorlede en die derde tiener is na die hospitaal geneem.