Man wat ‘ma en suster se koppe afsny en in puttoilet versteek’ vandag in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (51) van Esigodini (Kalusizi) in mid-Illovo wat van die dubbele grumoord op sy ma (87) en suster (39) beskuldig word, is Woensdagmiddag in hegtenis geneem. Die oorledenes se koppe is in ‘n puttoilet ontdek.

Kol. Robert Netshiunda sê ‘n meisie (12) het die grumoorde aanskou, maar kon daarin slaag om te ontvlug en het vir hulp na die bure gegaan.

Polisielede het hulle volgens Netshiunda na ‘n skietvoorval gehaas.

Met aankoms op die toneel is die oorledenes se liggame sonder koppe in ‘n plas bloed aangetref. Tydens deursoeking is die ma en dogter se koppe in ‘n puttoilet, waar dit weggesteek was, ontdek.

Die mes wat tydens die moorde gebruik is, was ook op die toneel.

Die verdagte is later in hegtenis geneem. Die polisie het ‘n ongelisensieerde vuurwapen in sy besit gevind. Volgens vermoede is dit die vuurwapen wat glo gebruik is om die oorledenes dood te skiet voordat hulle koppe met ‘n mes afgesny is.

Die verdagte sal vandag in die Richmond-landdroshof voorkom.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief