Mandla Mandela deur Israel aangehou ná flottielje voorgekeer is

Lees ook :

Mandla Mandela een van die mense wat deur Israel in aanhouding geneem is fotokrediet: X

ISRAEL. – Mandla Mandela, stamhoof van die Mvezo- tradisionele raad en kleinseun van oudpresident Nelson Mandela, is een van die mense wat deur die Israeliese vloot in aanhouding geneem is nadat die Global Sumud-flottielje op pad na Gasa voorgekeer is.

Lees ook: Gasa-flottielje deur Israeliese vloot gekeer

In ‘n voorafopgeneemde boodskap op sosiale media sê Mandela: “Op die Global Sumud Flotilla was burgerlikes wat toegewy is daaraan om die aandag te vestig op die haglike omstandighede wat Palestyne moet deurgaan. Hulle missie is vreedsaam. Hulle doelwit is humanitêr. Die voorkeer van die flottielje stel weer die werklikheid bloot dat Gasa onder beleg is, nie net deur mure en beheerpunte nie, maar deur oorlogskepe, hommeltuie en beleide van isolasie”.

Die GSF het die Suid-Afrikaanse regering gevra om onmiddellik aksie te neem om seker te maak dat die Suid-Afrikaanse burgers veilig teruggebring word.

Chrispin Phiri, die SA-woordvoerder van die departement van internasionale samewerking en betrekking (Dirco), het Suid-Afrika se oproep om te voldoen aan internasionale wet beklemtoon.

Die voormalige EFF-MP Mbuyiseni Ndlozi het Mandla Mandela geprys en gesê: “Jy maak ons trots Madiba.”

Bronne: IOL, SABC News, Daily Mail

Lees ook: Gasa-flottielje deur Israeliese vloot gekeer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief