GASA. – Die Global Sumud-flottielje is deur die Israeliese vloot voorgekeer en die aktiviste op die bote, insluitend die klimaatsaktivis Greta Thunberg, is in aanhouding geneem.
Lees ook: Mandla Mandela veroordeel hommeltuigaanval op Gasa-flottielje
Israel se buitelandse ministerie het gesê verskeie bote wat deel vorm van die flottielje is “veilig gestop” en die mense aan boord is na ‘n Israeliese hawe vervoer. Die ministerie het gesê die vloot het die bote aangeraai om van koers te verander omdat hulle ’n “gevegsone” genader het, maar dat “Greta en haar vriende veilig en gesond” is.
Volgens die Global Sumud Flotilla is 30 bote steeds op pad na Gasa en is naby aan hulle bestemming. Die organisasie het gesê Israel se aksie is “onwettig” en “nie ‘n aksie van verdediging nie” maar “’n aksie uit desperaatheid”. Volgens die organisasie is een boot “doelbewus” deur ‘n ander boot getref en nog bote is deur waterkannone geskiet.
Bronne: BBC, CNN, NBC News
Lees ook: Mandla Mandela veroordeel hommeltuigaanval op Gasa-flottielje





