Brekende Nuus
Misdaad

Mapisa-Nqakula se korrupsiesaak vir uitspraak uitgestel

Foto: Parlement
Foto: Parlement

GAUTENG. – Die korrupsiesaak teen Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die voormalige speaker van die parlement, is in die Gautengse afdeling van die hooggeregshof in Pretoria tot 7 September uitgestel. Mapisa-Nqakula staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en een aanklag van geldwassery.

Henry Mamothame, NVG-woordvoerder vir die onafhanklike direktoraat teen korrupsie (Idac), sê die hof sal dan uitspraak lewer oor Mapisa-Nqakula se aansoek ingevolge artikel 174 van die Strafproseswet, waarin sy vra om van die aanklagte ontslaan te word. Dit volg nadat haar regsverteenwoordigers en Idac se senior staatsadvokaat uitgebreide betoë voor die hof aangevoer het. Die staat het die aansoek teengestaan.

Mapisa-Nqakula word daarvan beskuldig dat sy R4,5 miljoen aangevra het, waarvan R2,1 miljoen na bewering kontant van ’n diensverskaffer ontvang is.