INTERNASIONAAL. – Die wenner van die Stockholm-marathon vroeër vanjaar, Shewarge Alene, is in die ouderdom van 30 oorlede, slegs vier maande ná haar oorwinning.
Lees ook: Verdagte in hegtenis vir dood van wêreld se oudste marathonatleet, Fauja Singh
Organiseerders van die marathon het gesê Alene het siek gevoel tydens ‘n oefening in Addis Ababa, Ethiopië. Sy is na ‘n hospitaal geneem waar sy oorlede is.
Die marathonorganiseerders het gesê hulle hartseer oor haar afsterwe uitgespreek. Die atleet het 12 van die 27 marathons gewen waaraan sy in haar loopbaan deelgeneem het. ‘n Ethiopiese afrigter het gesê nie net is ‘n goeie atleet verloor nie, maar ook ‘n rolmodel vir jong meisies in die land.
Bronne: Daily Mail, The Mirror, Times of India
Lees ook: Verdagte in hegtenis vir dood van wêreld se oudste marathonatleet, Fauja Singh





