Mark Zuckerberg vra ouers om verskoning tydens verhoor

Lees ook :

Mark Zuckerberg vra ouers om verskoning tydens verhoor
Mark Zuckerberg vra ouers om verskoning tydens verhoor fotokrediet: Facebook

Lees ook: Meta werk aan nuwe manier om tieners te beskerm

VSA. – Verskeie sosialemediabase is die week ondervra deur die VSA-senaat oor wat hulle doen om kinders op hulle platforms te beskerm.

Mark Zuckerberg, die grootbaas van TikTok, Snap, X en Discord, is vir byna vier uur ondervra oor wat hulle doen om kinders te beskerm.

Zuckerberg en die TikTok-hoof, Shou Zi Chew, het ingestem om te getuig, maar die base van Snap, X en Discord moes deur ’n hofbevel gedwing word.

Zuckerberg was veral in die spervuur ná ’n waarskuwing op Instagram wat gebruikers gewaarsku het hulle gaan materiaal oor die seksuele misbruik van kinders sien. Die opsie dat die gebruiker dit kan oopmaak is steeds gegee.

Zuckerberg het gesê dit is “baie keer verkieslik om mense na ander materiaal te verwys eerder as om materiaal te blokkeer”.

Zuckerberg is gesê hy kan om verskoning vra aan die families wat in die hof was wie se kinders negatief deur sosiale media geraak is. Hy het opgestaan, omgedraai en gesê hy is “jammer vir alles waardeur julle moes gaan, dis verskriklik”.

Bronne: BBC, Daily News, CNN

Lees ook: Meta werk aan nuwe manier om tieners te beskerm

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief