Marno toon beweging na fratsongeluk op glyplank

Lees ook :

Dit gaan beter met Marno Muller, die vyfjarige wat vermoedelik deur die toutjies van sy kappietop gewurg is nadat dit in ‘n fratsongeluk aan ‘n glyplank vasgehaak het by die kleuterskool wat hy bywoon.

Marno was reeds blou in die gesig met geen hartklop nie toe personeel van die skool op hom afgekom het.

Hy is op die oomblik in Netcare Garden City-hospitaal in Mayfair, Johannesburg waar hy aan lewensondersteuningsmasjiene gekoppel is, sowel as ‘n ventilator, hartmasjien en suurstof.

Daar was aanvanklik beplan om hom van Saterdag af stelselmatig te begin wakker maak uit die sedasie waaronder hy geplaas is.

Volgens die dokters is daar swelling op sy brein, en bestaan daar ‘n definitiewe moontlikheid van breinskade. In watter mate, kan egter nog nie vasgestel word nie.


Volgens ‘n groep wat geskep is vir Marno om geld in te samel asook sy vordering met die publiek te deel, het die hospitaal gisteraand die cooling blanket afgehaal en sy temperatuur lyk mooi. Sy bloeddruk en niere was ook deur die nag “reg.”

Op ‘n video wat op dié groep gedeel word, beweeg Marno sy regtervoet, asook sy hand.

Indien jy wil enige bydrae wil maak kan jy Marno se tannie, Nadia Minnie by 0782491971 kontak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief