BLOEMFONTEIN, VRYSTAAT. – In ‘n video wat wyd op sosiale media versprei was, kan gesien word hoe mans op Kersdag 2022 tienserseuns die swembad-area van die Maselspoort-oord weier. Hulle het ook glo aan die seuns gesê die area is slegs vir wit mense. Sedertdien het twee van die drie beskuldigdes skuldig gepleit en is gevonnis op kriminele klagtes wat uit hierdie aksies gelei het.
Phaladi Shuping, woordvoerder vir die NVG, sê Jacobus Klaasen, wat in die video gesien word hoe hy een van die tieners onder die water probeer druk, is skuldig bevind aan poging tot moord en is ‘n boete van R20 000 of twee jaar direkte gevangenisstraf in die Bloemfontein-landdroshof opgelê. Vir aanranding het hy ‘n verdere vyf jaar, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is, gekry op voorwaarde dat hy nie gedurende dié tyd skuldig bevind word aan aanranding, aanranding met die doel om ernstig te beseer of poging tot moord nie.
Landdros Rasheed Matthews was nie klaar nie en het Klaasen, nadat hy aan aanranding skuldig bevind is, vir nog 36 maande korrektiewe toesig gevonnis.
Stephanus van der Westhuizen, een van die ander beskuldigdes, het gedurende Mei op ‘n aanklag van aanranding skuldig gepleit en is ‘n boete van R4 000 of 12 maande gevangenisstraf opgelê. Hy het vir die seuns en hulle pa verskoning gevra, wat dit volgens Shuping aanvaar het. Van der Westhuizen het ook die Suid-Afrikaanse publiek om verskoning gevra.
Johan Nel se saak is tot 6 Desember vir verhoor uitgestel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





