Massaskietery – 2 dood 3 gewond – ook baba

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – ‘n Massaskietery het Donderdag in Westbury, Johannesburg plaasgevind, waartydens vyf mense geskiet is. ’n Volwasse vrou is met aankoms by die hospitaal dood verklaar. ‘n Jong man (19) het Vrydag aan sy beserings in die hospitaal gesterf. Onder die beseerdes was ook ’n baba van 15 maande. Firoz Cachalia, waarnemende polisieminister, sal die slagoffers vandag (Saterdag) besoek.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die massaskietery het op die hoek van Lark Spur Court en Jacaranda Court plaasgevind, waar die groep glo deur ’n onbekende aantal gewapende verdagtes aangeval is. Twee aanklagte van moord en drie van poging tot moord word nou deur die polisie ondersoek. Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met relevante inligting word deur die polisie gevra om na vore te kom.

Kamogelo Mogotsi, woordvoerder vir die polisieminister, sê Cachalia sal die families van die gestorwenes besoek en ook die beseerdes wat tans in die hospitaal behandel word.

Gedurende Oktober 2025 het nog ‘n massaskietery in Westbury voorgekom, waartydens twee persone gesterf en nog vyf beseer is. Een van vyf beskuldigdes is minderjarig en is by ‘n skool in hegtenis geneem, terwyl die ander hulle later aan die polisie oorgegee het. Lees meer daaroor hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief